Browsed by
Kategorie: Peuselhappies

Daardie tyd van die jaar …

Daardie tyd van die jaar …

Dis daardie tyd van die jaar – almal wat nog die hele jaar dreig om ‘n fondsinsameling of funksie of konsert te hou het skielik besef dat die jaar na ‘n einde se kant toe staan en dat hulle sal moet wikkel om dit ingewerk te kry.  Skielik is ek meegesleur by die kerk, die skool, die sondagskool, die buurvrou se teepartytjie en wie weet waar nog? Ek word oorweldig deur konserte, afsluitings & prysuitdelings.   Ek dink nie ek…

Read More Read More

Fiemies

Fiemies

Ek sit nogal met ‘n dilemma. Ek het nog altyd gedink dat ek lekker en interessante kos maak waarvan my kinders hou. Die smaak is nog altyd lekker en ek doen moeite met die opdiening van my kos. Dis nou nie Masterchef nie, maar my kinders geniet dit nog altyd en eet wat ek vir hulle opskep. Toe daal daar iets oor my huis neer en ek durf die vloekwoord nie eers hardop uitspreek nie. F-I-E-M-I-E-S.   Ja, my ses-jarige…

Read More Read More

Uit die mond van n suigeling

Uit die mond van n suigeling

Uit die mond van n suigeling…. Kinders het nou maar net die vermoëns om jou nederig te hou. Hulle is nuuskierig en verstaan nog nie die wêreld nie – hulle word geleer dat hulle nie mag jok nie, maar tog verwag ons van hulle om ‘n witleuntjie elke nou en dan te vertel ter wille van iemand se gevoelens. Maar dis nie hoe kinders werk nie – hulle sê wat hulle dink en ongelukkig is dit gewoonlik die reine waarheid…

Read More Read More

Skape en Skuimpies

Skape en Skuimpies

Dit is daardie tyd van die jaar waaroor my kinders gek is. Dit is lamtyd vir die skape! Hulle wil tóg net te graag aan die ou goedjies vat en vryf. Natuurlik mag hulle nie, want anders gaan die ooie nie weer die lammers vat nie. Daar bly tog enkele ooie wat wel hul lammers weggooi en díe lammetjies word dan hans-lammetjies. Of sommer Hansies. As dit by name kom strek ons kreatiwiteit so ver soos…. jy het reg geraai….

Read More Read More