Browsed by
Kategorie: Maaltye

Wen die warm weer… of nie?

Wen die warm weer… of nie?

Ek kry warm! En ek hou nie van warm kry nie. Die kinders vra met entoesiasme of ek saam met hulle wil gaan swem, maar ‘n plaasdam waarin ek so vreeslik graag as kind geswem het is net nie meer so aanloklik nie. Sien, eers moet ek teen die damwal uit sukkel. Wanneer ek bo-op hom staan besef ek dat ek nie eintlik daarvan hou om so ver van die grond af te wees nie. Ek weet nie of dit…

Read More Read More

‘n ma se lot

‘n ma se lot

Om ‘n ma te wees is seker gelyktydig die wonderlikste asook vreeslikste ding wat met ‘n vrou kan gebeur. Meerendeels wonderlik, maar ten minste een oomblik per dag vreeslik…   My kinders bring kleur, vreugde en opwinding in my lewe. Hulle laat my lag,  laat my onthou waaroor alles gaan en hul hou my op my knieë. Hulle het nie ‘n rede of selfs musiek nodig om te dans nie, hulle dans net! Hulle verwonder hulle aan klein goedjies soos…

Read More Read More

Hoekom al die hoekoms ….

Hoekom al die hoekoms ….

“Mamma, hoekom is jy in die kombuis?” “Want ek moet kos begin maak.” “Hoekom moet jy kos maak” Goeie vraag, ek wil ook weet… “Sodat ons vanaand iets het om te eet.” “Hoekom moet ons iets eet?” “Omdat julle honger is.” “Hoekom is ons honger?” “Omdat julle vanmiddag laas geëet het.” “Hoekom het ons vanmiddag geëet?” “Omdat, uuuhm… Omdat dit etenstyd was en julle toe ook honger was.” “Hoekom?” 1, 2, 3, 4, 5, 6… “Omdat jou lyfie kos nodig…

Read More Read More

Manne en hul planne

Manne en hul planne

Kyk, mans kan mos nou vreeslik aansit. Ek is seker daarvan dat dit ingebore is. O. MY. GENADE!! Ek probeer nou maar uithou, want om eerlik te wees kan ek myself ook maar lekker jammer kry wanneer ek siek is. Dis tóg maar lekker om te weet daar is iemand wat jou sal versorg. Net jammer die arme vrou moet maar altyd die versorging doen – of sy nou self met een voet in die graf staan of nie.  Mans…

Read More Read More

Die toets

Die toets

Daar word gesê dat die besluit om kinders te hê ‘n geweldige besluit is. Dit is om te besluit dat jou hart vir die res van jou lewe buite jou liggaam gaan rondhardloop. Dit verander jou lewe totaal en al! Elke jong getroude paartjie worstel met hierdie besluit – wanneer is ons gereed om kinders te hê? Miskien wanneer ons genoeg geld het? Maar wanneer het jy dan nou genoeg geld? Miskien wanneer my loopbaan meer gevestig is? Of wanneer…

Read More Read More