Browsed by
Maand: Augustus 2018

‘n ma se lot

‘n ma se lot

Om ‘n ma te wees is seker gelyktydig die wonderlikste asook vreeslikste ding wat met ‘n vrou kan gebeur. Meerendeels wonderlik, maar ten minste een oomblik per dag vreeslik…   My kinders bring kleur, vreugde en opwinding in my lewe. Hulle laat my lag,  laat my onthou waaroor alles gaan en hul hou my op my knieë. Hulle het nie ‘n rede of selfs musiek nodig om te dans nie, hulle dans net! Hulle verwonder hulle aan klein goedjies soos…

Read More Read More

Hoekom al die hoekoms ….

Hoekom al die hoekoms ….

“Mamma, hoekom is jy in die kombuis?” “Want ek moet kos begin maak.” “Hoekom moet jy kos maak” Goeie vraag, ek wil ook weet… “Sodat ons vanaand iets het om te eet.” “Hoekom moet ons iets eet?” “Omdat julle honger is.” “Hoekom is ons honger?” “Omdat julle vanmiddag laas geëet het.” “Hoekom het ons vanmiddag geëet?” “Omdat, uuuhm… Omdat dit etenstyd was en julle toe ook honger was.” “Hoekom?” 1, 2, 3, 4, 5, 6… “Omdat jou lyfie kos nodig…

Read More Read More