Skape en Skuimpies
Dit is daardie tyd van die jaar waaroor my kinders gek is. Dit is lamtyd vir die skape! Hulle wil tóg net te graag aan die ou goedjies vat en vryf. Natuurlik mag hulle nie, want anders gaan die ooie nie weer die lammers vat nie. Daar bly tog enkele ooie wat wel hul lammers weggooi en díe lammetjies word dan hans-lammetjies. Of sommer Hansies. As dit by name kom strek ons kreatiwiteit so ver soos…. jy het reg geraai….