Manne en hul planne
Kyk, mans kan mos nou vreeslik aansit. Ek is seker daarvan dat dit ingebore is. O. MY. GENADE!! Ek probeer nou maar uithou, want om eerlik te wees kan ek myself ook maar lekker jammer kry wanneer ek siek is. Dis tóg maar lekker om te weet daar is iemand wat jou sal versorg. Net jammer die arme vrou moet maar altyd die versorging doen – of sy nou self met een voet in die graf staan of nie. Mans…