Die toets

Die toets

Daar word gesê dat die besluit om kinders te hê ‘n geweldige besluit is. Dit is om te besluit dat jou hart vir die res van jou lewe buite jou liggaam gaan rondhardloop. Dit verander jou lewe totaal en al! Elke jong getroude paartjie worstel met hierdie besluit – wanneer is ons gereed om kinders te hê? Miskien wanneer ons genoeg geld het? Maar wanneer het jy dan nou genoeg geld? Miskien wanneer my loopbaan meer gevestig is? Of wanneer ek klaar gereis het?

Ek het na ‘n paar toetse gaan kyk vir jong paartjies om hul te help besluit of hulle gereed is vir kinders.

1. Die Gemors Toets

Smeer speelklei op jou mat en krummel oreos op jou rusbank. Gooi ook ‘n stuk pizza agter die bank in en los dit daar vir ‘n paar weke.

Old pizza

2. Die Speelgoed toets

Kry die grootste kis vol Lego blokkies moontlik (indien jy nie toegang tot Lego’s het nie sal duimspykers ook voldoende wees). Laat ‘n vriend dit oral in jou huis strooi. Blindoek jouself en probeer om kaalvoet na die badkamer of kombuis te loop. Onthou om nie hardop te skree nie, want dit sal jou denkbeeldige slapende baba wakker maak.

Legos

3. Die Inkopie Toets

Leen een of twee diertjies – verkieslik melkbokkies – en neem hul saam met jou na die supermark. Hou hul ten alle tye binne sig en onthou om vir alles te betaal wat hulle eet of beskadig. Onthou, jy mag hulle ook nie ‘n pakslae gee nie.

Bokkies

Pnp trollies

4. Die Aantrek Toets

Kry een groot lewendige, uiters ongelukkige seekat. Probeer hom in ‘n klein sakkie stop en maak seker dat al die pote in die sak bly.

Seekat

5. Die Ete Toets

Maak ‘n groot melkbeker (plastiek asseblief) halfvol met water. Hang dit van die plafon af met ‘n tou en begin dit in die rondte swaai. Probeer nou om lepels vol loperige ontbytpap in die beker te skep terwyl jy maak of die lepel ‘n vliegtuig is. Wanneer jy die taak voltooi het neem die beker en gooi die inhoud op die vloer uit.

6. Die Nag Toets

Berei ‘n klein materiaal sakkie voor deur dit met 4 – 6kg sand te vul. Week dit deeglik in water. Om 18:00 begin waltz en neurie met die sak tot ongeveer 20:00. Lê jou sak neer en stel jou alarm vir 22:00. Staan op, neem jou sak en neurie elke liedjie wat jy ken of al ooit gehoor het. Kombineer dit saam in een lang medely en maak nuwe woorde vir ‘n paar van hulle ook op en hou aan sing tot ongeveer 1:00. Stel jou alarm vir 3:00. Staan op en sit vir jou sak ‘n skoon doek aan. Ruil die beddegoed ook. Stel jou alarm vir 5:00. Staan op en maak ontbyt. Lyk en klink ten alle tye vrolik en opgewek.

Sand sak

7. Die Oorsponklikheidstoets

Neem ‘n eierhouer. Gebruik ‘n skêr en ‘n potjie verf en verander dit in ‘n krokodil. Gee nou die krokodil vir die hond om te eet. Neem dit terug en maak dit reg sodat die krokodil weer soos sy oorspronklike self lyk. Neem nou 4 toiletrolletjies, ‘n rolletjie cellotape en ‘n leë Rice Crispies boks. Maak ‘n presiese replica van die Eifel Toring.

8. Die Voertuig Toets

Koop ‘n roomys en plaas dit in jou cupholder. Los dit daar. Grou iewers ‘n 10c stuk uit en forseer dit in die USB port in. Kry ‘n ou vrot sokkie by ‘n boemelaar of iewers. Los dit onder die sitplek. Maak ‘n emmer vol modderwater en “was” jou man se bakkie daarmee. Huil hartstogtelik wanneer dit lyk of hy dit nie waardeer nie.

Roomys

9. Die Tegnologie Toets

Koop ‘n splinternuwe foon. Laai 1 speletjie af en klik dan aanmekaar op die in app purchases. Verander die taal na Frans en los hom onder jou bed vir 3 dae. Vat met taai hande aan jou TV skerm en rekenaar. Druk ook 2 mariebeskuitjies in die DVD speler.

Phone

10. Die Finale Toets

Kry ‘n jong paartjie met ‘n klein kindjie – verkieslik ‘n peuter. Preek vir hulle en gee raad oor hoe hulle as ouers kan verbeter met hul geduld, potty training en hul kind se tafelmaniere. Lê klem daarop dat die kos wat hulle hul kind toelaat, tesame met hul swak dissipline die oorsak is dat hulle kind so wild rondhardloop en dat dit onaanvaarbaar is. Geniet hierdie ervaring, want dit is die laaste keer dat jy al die antwoorde sal hê.

Lag lekker saam, deel dit met jou vriende wat nog nie kinders het nie (of dalk nie) en onthou dat niemand ooit ten volle gereed is vir kinders kry nie!

Soos belowe gee ek nog resepte om jou kind se immuunstelsel ‘n hupstoot te gee hierdie winter:

Murgpampoentjietertjies

Murgpampoentertjies

Bestandele

2eetl olyfolie

1ui, fyn gekap

1 groot wortel, grof gerasper

400g murgpampoentjies, grof gerasper

3 eiers, lig geklits

2eetl koekmeel

1 teel droë mosterd

sout & peper

½ teel fyn neutmuskaat

2eetl gekapte pietersielie

100g cheddarkaas

Metode

Voorverhit die oond tot 180°C.

Verhit die olie in ‘n groot pan en soteer die ui tot ligbruin.

Voeg die wortel en murgpampoen by en soteer 3 minute

Meng die eiers, meel en geurmiddels saam.

Voeg die groentemengsel hierby en meng goed

Voeg die kaas by en meng weer goed.

Skep die mengsel in ‘n gesmeerde kolwyntjiepan en bak 20 – 30 minute tot gestol

Lewer sowat 12 tertjies en kan tot drie maande lank gevries word.

2 thoughts on “Die toets

  1. Uitstekend!!! Ek het nou so lekker gelag en alles is so waar!!!
    Dankie dat jy nie skroom om die realiteit met ons te deel nie, ek kan nooit wag vir die volgende skrewe nie!!!

  2. Daar is nog n toets:
    Vat n bandopnemer en “record” die woord mamma daarop in n semi skteeuende stem.Sit dit op “repeat” en speel dit vir n dag lank kliphard in jou huis.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui