Die toets
Daar word gesê dat die besluit om kinders te hê ‘n geweldige besluit is. Dit is om te besluit dat jou hart vir die res van jou lewe buite jou liggaam gaan rondhardloop. Dit verander jou lewe totaal en al! Elke jong getroude paartjie worstel met hierdie besluit – wanneer is ons gereed om kinders te hê? Miskien wanneer ons genoeg geld het? Maar wanneer het jy dan nou genoeg geld? Miskien wanneer my loopbaan meer gevestig is? Of wanneer…