Die ideale kombuis….

Die ideale kombuis….

So ons het almal daardie moet-hê items in ons lewens. Sommige mense se items maak sin en ander nie. Daar is voorgestelde idees en sommige items wat jou laat dink “REGTIG?” My 2 jarige se item is haar kombersie, selfs in die hitte van die somer. Ek het soms lus en verbrand die ding, maar kom slaaptyd is ek so dankbaar dat sy hom het!

Kombersie

Die kombuis is niks anders nie. Daar is sommige items waarsonder ‘n mens doodeenvoudig net nie kan klaarkom nie.

Die basiese items wat as moet-hê items beskou word is die volgende:

Snybord – nie net om op te sny nie, maar werk ook goed om op te bedien.

Skerp messe – die gewildste is chef’s knife, kerf messe en tandjies messe.

Houtlepels – Nie net goed om nie jou non-stick panne te krap nie, maar ook perfek om toe ore oop te kry.

Vergiettes

Maatbekers / maatlepels

Non-stick pan

Mengbakke

Bakpanne

Rasper

Blikoopmaker

Groente skillertjie – ek het myself al lankal oortuig dat groente met die skil aan gesonder is.

Spatels – as kind was ek uiters geskok om agter te kom dat dit standaard praktyk in die meeste huise is om die koekmengsel behoorlik met ‘n spatel uit te die mengbak te krap. Ek is vas oortuig daarvan dat my ma ‘n bietjie ekstra deeg agtergelos het sodat ons die bak kon uitlek en was dit nie heerlik nie!

Basiese items

Ek het ‘n paar mense ook uitgevra en die volgende items is by die bostaande lys gevoeg:

Elektrisiteit

Ketel – natuurlik. Koffie ook.

Skoon lappie – Ek verskil hiervan. ‘n Skoon lappie is goed en wel, maar iewers begin jou man en kinders hom as ‘n vloerlap ook gebruik en jy sukkel jou as af om hom skoon te hou. Ek verkies handoekpapier bloot omdat dit skoon bly!

Uie

Olyfolie

Ysmasjien

Skêr

Kenwood

En die heel belangrikste: ‘n Vrou.

Ek het egter my eie lys van moet-hê items in die kombuis:

  1. Handoekpapier. Baie handoekpapier.

  2. Yoghurt – want daar is dae wat die kinders niks anders wil eet nie.

  3. Voedselkleursel – as boetie ‘n blou yoghurt wil hê en niks minder sal aanvaar nie, sal hy blou yoghurt kry.

  4. Plastiese eetgerei – hoef ek dit te verduidelik?

  5. Stomp messe – as die kinders wil help in die kombuis kan ons nie waag dat daar ‘n vinger verloor word weens ‘n skerp mes nie. Stomp mes

  6. Tamatiesous – want as die kinders nie van jou kos hou nie kan jy dit altyd in tamatiesous toesmeer. Selfs tamatiesous broodjies word aanvaar. Ek weet nie so mooi nie…

  7. Plastiese bakkies – moenie jou yoghurt houers of botter bakkies weggooi nie, dit hou die kinders baie besig. Ek is gelukkig genoeg om baie kombuiskaste te hê, dus het ek ‘n tupperkas en die kinders hul eie tupperkas. Dit laat my kas toe om so te lyk: Tubberkas1

In plaas van so:

Tubberkas2

En die kinders kan hul eie kas verwoes.

Kinder kas

  1. Tupperware se pasta cooker – dit het my lewe verander! Kry vir jou een, vandag nog!Pasta cooker

  2. My gunsteling resepteboek: Vinnig en Maklik resepte uit Vrouekeur 2. Vrouekeur

  3. Koeksoda – hiermee kan jy enige iets doen! Vanaf sooibrand verlig tot klei maak tot teels skoonmaak, wasgoed versag of kakkerlakke uitroei.

Sorg altyd dat jy jouself goed toerus in jou kombuis. Dit maak nie saak wat wie sê jy behoort te hê nie. Dit moet vir jou werk, want dit is waar jy werk. Identifiseer jou items, maak nie saak hoe simpel dit vir ander mag voorkom nie, dit is jou kombuis en elkeen se kombuis moet ideaal wees vir haarself!

Lekker kook!

 

One thought on “Die ideale kombuis….

  1. Handdoekpapier kan nie taai handjies skoon kry nie…daarom het ek daai skoon lappie nodig!
    Ek bewonder daardie baie netjiese kas,selfs die deurmekaar kas is netjies!! Dankie vir die wenke,baie handig!!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui