Kosblik Tyd …
Die skole het hierdie week begin en ek neurie die destydse CNA advertensie se liedjie met baie meer entoesiasme as 20 jaar terug: “Back to school, back to reality!” Ja, die kinders is terug hok toe en saam met hulle keer my varkies ook so een vir een terug na hulle hok toe. Nee, regtig, nog ‘n week langer en my arme man sou my vir goed by die groendakkies moes inboek. Gedurende die uiterse lang 6 weke wat die…