Pizza, in-eet of uiteet?….
Dis alweer etenstyd. Alweer?! Waar is die tyd heen? Ons het dan net nou geeet, hoe kan die kinders dan weer honger wees? Ai, het ons in die dorp gebly het ek sommer pizza bestel. Maar dis nie altyd so maklik nie. En selfs al bly jy in die dorp; as jy op die 30ste van die maand nogsteeds vir jou foon sit en staar dat die kennis van betaling van jou salaris moet deurkom is kosmaak maar jou voorland……