Almal aan boord die verjaarsdag trein…

Almal aan boord die verjaarsdag trein…

So jou kind se verjaasdag sluip nader, maar hoe ouer hul word hoe meer werk word dit vir jou. Wanneer jou kind byvoorbeeld 2 word kan jy haar verjaasdag “uitstel” totdat jy al jou bearings bymekaar gekry het en selfs soveel as 2 maande later ‘n koek bak en haar met ‘n opgewonde houding wakker maak met die woorde “Wie verjaar vandag?!” Voila, jou kind is in ekstase, daar is ‘n koek en ‘n geskenk. Dis mos waaroor ‘n verjaarsdag gaan!

Maar wanneer jou kind 5 word lyk die prentjie heel anders… Hy verstaan beter, ken waarskynlik sy verjaarsdagdatum en het natuurlik baie skerp ore wat hoor wanneer Mamma en Pappa daaroor praat. Teen die tyd wat my arme outjie verjaar het al sy maatjies reeds verjaar. Om dinge te vererger verjaar Mamma, Pappa en Sussie almal binne 2 weke van mekaar – wat hom natuurlik baie uit laat voel. Daarom help dit om Sussie se verjaarsdag “uit te stel” maar ek gaan ook nou nie vir ewig daarmee wegkom nie. Sug. So boetie begin al 2 maande voor die tyd vra hoeveel slapies nog voor sy verjaarsdag. Gelukkig kan hy al tot by 20 tel, dus is dit nie té moeilik om tot by 60 te kom nie. En ewe skielik is sy – self uitgedinkte – partytjie vir 2 maande die mees bespreekte onderwerp in ons huis! Daar moet ‘n tema wees, met uitnodigings de lot! Nou omdat ons ooreengekom het om sommer net koek skool toe te stuur, sien ek nie die noodsaaklikheid daarin om uitnodigings te stuur nie. Maar ek lees toe op www.babycenter.com dat dit ‘n belangrike mylpaal is rondom die ouderdom van 5. So ek kners op my tande en ons druk deur met die tema “Thomas Train”

Uiteindelik kry ek ‘n sjabloon (ja, dit is die Afrikaanse woord vir template. Regtig!) vir Thomas Train uitnodigings en print genoeg uit vir elke maatjie in die klas. Hy knip dit self baie sorgsaam uit en vra my om hom te help om elke maatjie se naam op te skryf. Mamma mag dit nie skryf nie, ek mag net voorbeelde skryf, hy wil dit self neerskryf. Regtig? Ek ken nie eers al die kinders in die klas se name nie. Gelukkig kom die juffrou tot my redding en stem in om hom te help daarmee!

Thomas trein

Nou vir die koek. Ek het al gesien hoe ek ‘n rolkoek by Pick n Pay koop en met blou versiersuiker verwoes toe kom Boetie self tot my redding – hy wil ‘n treinspoor hê. Die treinspoor sal bestaan uit cupcakes met KitKats in formaat bo-op gepak en dan lokomotiewe op dit gepak. Regtig ‘n oulike en maklike idee! Maar op ‘n relatiewe klein dorpie is dit nogal moeilik om trein speelgoed te kry. Die oplossing was toe maar om lokomotiewe met lego’s te bou – veel makliker as wat ek gedink het dit sal wees! En Boetie is sommer nog meer opgewonde omdat hy self kon bou!

Trein koek

Op my soeke na ‘n sjabloon vir die uitnodiging kry ek ‘n paar regtige oulike prentjies en raak al meer lus vir hierdie partytjie ding! Omdat Boetie baie lief vir inkleur is besluit ek om vir elke maatjie ‘n prentjie saam te stuur. Ek besluit ook om Thomas Trein gesiggies op blou Steri Stumpies te plak. Na ‘n reuse soektog waartydens ek alle kleure melkies behalwe blou gekry het, kry ek uiteindelik 24 bloues. Ek koop al 24 net daar! Dit was reuse pret om saam die gesiggies uit te knip en op die houertjies te plak – ‘n mens kan duidelik sien watter ek geknip het watter hy geknip het, maar dit was die frustrasie werd.

daf7caa114d0709317cf49eb40e1e0ff

Die kinders het die koekbak vreeslik geniet! Weereens het ek op my gunsteling uitvindsel van ons tyd staat gemaak. Ready mix chocolate muffins! Omdat ek 24 moes bak en ‘n pakkie slegs 12 maak het dit perfek uitgewerk – elke kind kry sy eie mengbak en meng self alles wat ek gereed sit. Dis wonderlik om te sien hoe hul ontwikkel en naderhand die eiers self gebreek kry sonder dat jy eers eierdoppe moet uithaal en eier van die tafel af opvee. Wel, ten minste een van hulle is al daar… Daarna het ons Caramel Treat opgesmeer, 1 blikkie was meer as genoeg. Om dit meer smeerbaar te maak het ek ‘n bietjie room bygeklits. En die kinders het die KitKats opgepak. En geëet. En tot my groot ontsteltenis met hul sjokolade handjies aan alles gevat.

20170814_155025_

20170814_155756_

20170814_155759_

Dries was so opgewonde oor sy partytjie! En dit was so ‘n groot sukses! Alhoewel dit nie perfek was nie was dit vir hom die wonderlikste gebeurtenis ooit! Ek het geleer dat hul betrokkenheid by so iets meer vir hulle beteken as wat ons as ouers meeste van die tyd besef – dit vorm ‘n hegte band tussen ouer en kind. Hy was met elke stap betrokke, vanaf die uitnodigings self uitdeel, tot by die voorbereiding van bybehore, tot by die bak van die koek. Die belangrikste bestanddeel van alles was natuurlik liefde!

IMG-20170816-WA0025_

IMG-20170816-WA0026_

Bronne:
https://www.babycenter.com/0_planning-your-childs-fifth-birthday-party-what-hes-ready-for_10349533.bc

One thought on “Almal aan boord die verjaarsdag trein…

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui